Get Adobe Flash player

Jaarbeplanning

Search

Who's Online

We have 69 guests online
Website Developed & Maintained by

MFDesign - Wed design & Hosting

DIE VOLGENDE KLEREDRAG IS SKOOLKLERE VAN LAERSKOOL DR. ANNECKE:
(Alle skoolklere moet by die Skool se Klerewinkel aangekoop word )

DOGTERS:.

Die volgende kleredrag moet deur dogters gedra word:

SOMER: (Skoolhempies moet ingesteek word)

a) Groen geruite skoolhempie met bottelgroen Tetrex broekrompie of

b) Groen geruite skoolhempie met bottelgroen Tetrex A-lyn romp(rompe slegs

in groter nommers beskikbaar vanaf no. 80+

c) Kort wit sokkies sonder frilletjies of valletjies.

d) Swart skoolskoene waarvan die hak nie dikker as 3cm mag wees nie.

e) Toerygskoene of skoene met klein gespes mag gedra word.

( Leerders mag kaalvoet loop indien hulle dit sou verkies.)

f) Skoenveters moet ten alle tye vasgeknoop wees.

WINTER: (Skoolhempies moet ingesteek word)

a) Groen geruite skoolhempie met bottelgroen Tetrex broekromp - of

b) Groen geruite skoolhempie met bottelgroen Tetrex A-lyn romp (rompe slegs in

groter nommers beskikbaar vanaf no. 80+)

MAG NIE DIE ROMP BO-OOR N SWEETPAKBROEK DRA NIE.

c) Kort wit sokkies sonder frilletjies of valletjies.

- of Lang grys kouse met groen en geel streep vanaf 2 Mei elke jaar.

d) Skoolsweetpak of Bottelgroen Dry Mac.

e) Swart skoene (toeryg skoene of met klein gespes) waarvan die hak nie dikker

as 3cm mag wees nie.

f) Bottelgroen oortrek-trui en bottelgroen langmoutrui.

g) Bottelgroen serpe en bottelgroen handskoene.

h) Skoenveters moet ten alle tye behoorlik vasgemaak wees.

NB: GEEN KLEDINGSTUKKE, BEHALWE SWEETPAKBAADJIES EN DRY MACS

MAG OOR N SWEETPAKBROEK HANG NIE.

SPORTDRAG:

NETBAL, HOKKIE EN TENNIS:

Die skool Tetrex broekrompie met n sporthemp wat by die Klerewinkel te koop

is moet tydens alle sportwedstryde gedra word.

Kouse: Netbal en tennis dra wit skoolkouse

Hokkiekouse is by die Klerewinkel te koop.

MERK ASSEBLIEF ALLE KLEDINGSTUKKE, SKOOLTASSE, PENNEBLIKKE, SKOENE,
ENS. BAIE DUIDELIK.

SEUNS:

Die volgende kleredrag moet deur seuns gedra word:

SOMER: (Skoolhempies moet ingesteek word)

a) Groen geruite skoolhempie met bottelgroen Tetrex skoolbroek

(GEEN "PT SHORTS" is toelaatbaar saam met skooldrag.)

b) Lang grys seunskouse met geel en groen strepe.

c) Swart toerygskoene. SKOENE MET GESPES IS ONTOELAATBAAR.

Hakke mag nie dikker as 3cm wees nie.

Leerders mag kaalvoet loop indien hulle dit sou verkies.

d) Skoenveters moet ten alle tye vasgeknoop word.

WINTER: (Skoolhempies moet ingesteek word)

a) Groen geruite skoolhempie met bottelgroen Tetrex skoolbroek (GEEN "PT SHORTS" is toelaatbaar saam met skooldrag.)

b) Lang grys kouse met geel en groen strepe.

c) Skoolsweetpak of Bottelgroen Dry Mac.

d) Swart toerygskoene. SKOENE MET GESPES IS ONTOELAATBAAR.

e) Bottelgroen oortrek-trui en bottelgroen langmou truie.

f) Bottelgroen serpe en bottelgroen handskoene.

SPORTDRAG:

KRIEKET:

Die bottelgroen Tetrex skoolbroek met n sporthemp en hokkiekouse wat by die Klerewinkel te koop is moet tydens alle krieketwedstryde gedra word.

HOKKIE:

Die bottelgroen Tetrex skoolbroek met n sporthemp en hokkiekouse wat

by die Klerewinkel te koop is moet tydens alle hokkiewedstryde gedra word.

TENNIS:

Die bottelgroen Tetrex skoolbroek met n sporthemp en wit kouse wat by die Klerewinkel te koop is moet tydens alle tenniswedstryde gedra word.

RUGBY:

Rugbytruie word deur die skool voorsien vir wedstryde. Die groen skoolbroek

kan gedra word. Alternatiewelik kan ouers n groen rugbybroek by enige

winkel aankoop.

NB. Seuns se sporthemde moet ten alle tye ingesteek wees. Dit geld vir alle sportsoorte!